Saturday, 26 October 2013

Weggooi-goed

'n Paar van my ou skilder verfborsels op 'n rak in my ateljee - uitgedroog en hopeloos verby!

Kan jy ook nie goed weggooi nie?

Ekhet rakke en rakke en bokse en bottels en roomysbakke en tasse vol goed! So elke nou en dan voel ek oorweldig dan is daar 'n poging om van dit ontslae te raak, maar gewoonlik nie baie suksesvol nie.

Maar 'n plus daaromtrent is dat ek mooi goed ontdek waarvan ek vergeet het en dan bring ek dit uit en her-rangskik alles in die huis weer 'n bietjie. Dan gaan die 'nuwe' goed ou-bokse toe, tot volgende keer.


Nou die dag het ek 'n klomp skulpe in 'n boks raak geloop, van dae toe ek nog skulpe bymekaar gemaak het. Ek het die mooistes uitgesoek en die res is tuin en blombakke toe - ek kon dit nie weggooi nie!



Dis dieselfde storie met vere. Hulle sê mos 'moet nooit verby 'n veer loop sonder om dit op te tel nie'. Wel, dis wat ek doen, tel al wat 'n (mooi) veer is op. Ek gebruik baie daarvan wanneer ek juweliersware maak, maar die res is in bokse en bottels en ook 'n laai of twee!


'n Halssnoer met 'n veer

Ander goed wat ek nie kan weggooi nie is bokse, stukke hout, bottels en draad. Dis nie lank nadat ek dit weg geggooi het nie dat ek iets wil bou en dan is ek op soek na dit! So nou sal alles maar net bly waar dit is totdat ek dit eendag nie meer kan vat nie en 'n groot skoonmaak weer begin!

'n Hoekie in my "garden shed" vol "nodige" goed 

::
 

Friday, 18 October 2013

Pienk en pers verwondering


My Krismisroosblomme het verbete geklou dwarsdeur die winter maar nou is die bosse definitief op hul laaste. Ek het die laaste paar blomme gepluk, in bietjie water gesit, nog ander opgehang om droog te word en 'n paar in 'n mandjie gepak om ook droog te word.


Al ooit gesit en wonder hoe kry jy die blomkleure van krismisrose na jou sin (pienk of blou)? Die kenners sê blom kleur word beinvloed deur die grond:

1) Suurgrond gee donkerblou blomme - Dit kan aangehelp word deur Shake and Grow Blue toe te dien of eierdoppe in die grond te werk.

2) Alkaliese grond gee pienk/rooi blomme - Dit kan aangehelp word deur Shake and Grow Pink of landboukalk toe te dien. Onthou net dat die grond toestand nie “oornag” verander kan word nie, so begin dus reeds in die winter maande met jou toediening. (Wit blomme se kleur kan nie verander word na pienk of blou nie.)

Maar nou verstaan ek nie hoe is dit dan dat ek beide pienk en pers blomme aan een bos het nie!


::

Wednesday, 16 October 2013

Graspolle in die son


:: Heerlike somersdag hier in Gauteng :: 

:: warm, met helder blou hemel en heerlike sonskyn :: 

:: graspolle in die son :: 

:: rivierklippe gestrooi soos konfetti :: 

:: voëltjies fluit vrolik :: 

dankbaar vir hierdie dag

::

Tuesday, 15 October 2013

Vintages - A niche to dream in

"Plain shelves filled with good editions in good bindings are more truly decorative than ornate bookcases lined with tawdry books."
- Edith Wharton, 1902



Adults love inviting nooks just as children do; such spaces seem protective, made for the imagination. A place apart, where you can gather notes, thoughts and plans. It's simply the idea of a silence in one's self that allows one to think or to feel. Creating a corner where that silence can happen - even in the busiest of households - calls for beauty like the shelf above.

Setting up a reading nook or dreaming niche for yourself is as exciting as building a new house! Lovingly storing your favourite books and stationery in one place where you can relax with a cup of coffee, snuggling under a warm throw, is one of life's blissful pleasures.

Reading is one of the great pleasures of life and an important part of nurturing our soul, gaining knowledge and finding pleasure in fiction. As such, we must make special time for ourselves to pursue our pleasures and make it high on our list of priorities.

Whether you are lucky enough to have a library filled with books and comfortable couches or choose to use a bay window area, filled with light, or a special corner in your bedroom, your reading nook will be YOUR private hide-out where no-one is allowed in except by invitation.



Your first consideration should be a comfortable chair or chaise lounge embellished with all the luxuries like cushions and throws. A coffee or side table will come in handy for a reading lamp, tea pot, some fresh flowers, reading glasses and some extra books.

Incorporating some shelves or a bookshelf for storage of your books and favourite collections is next on the list. Be creative and innovative with your bookshelf - fill blank spaces on the shelves with candles (in case the electricity goes off!) and some of your favourite photo frames. Fill a vintage jug with some pens and pencils for making notes and have a dictionary at hand for reference.

Some extras like a footstool and magazine rack always come in handy and a soft rug underfoot adds a luxurious touch. Also give some attention to the wall colour - find a soothing theme and hang some of your favourite paintings and artwork as a finishing touch.

A corner in the living room used as a reading nook.

A bookshelf and a comfortable chair on one side of the dining room denotes this as someone's dream corner.

Storage for some favourite books

A perfect reading nook
- image from decor8

So settle in with a creamy cup of coffee, your favourite book or your daily journal and enjoy the simple pleasures of life - don't get to the end of your life and find that you have just lived the length of it. You want to have lived the width of it as well.

.
 

Sunday, 13 October 2013

Bosveld gedagtes

Foto geneem by Thaba Monaté naby Bela-Bela gedurende 'n besoek 'n paar jaar gelede 

Gedagtes van die bosveld, skone velde en natuurskoon wat die hart laat rustig verkeer. Drome van vlaktes en wild en vryheid. Van voëls en anderse bome. Dis waar my gedagtes deesdae is. 

Ons bly al dekades op ons kleinhoewe in Tarlton en toe ons in die mid-70's hierheen verhuis het, was ons die enigste inwoners vir myle. Maar stadig oor die jare het vooruitgang sy tol geneem en is ons nou deur mense omring aan alle kante. Al die inheemse bome is afgekap om plek te maak vir 'n huis, die tarentale is nêrens meer te sien nie en die uile is skaarser as hoendertande. 

Ons is geleë op die hoofpad tussen Krugersdorp en Magaliesburg op pad na Botswana en destyds was dit maar net 'n smal, swak-geteerde teerpad met min verkeer. Maar dit is al 3 of 4 maal opgegradeer as gevolg van al hoe meer verkeer en dit klink deesdae soos Eloffstraat op 'n Saterdagoggend en dreun enige natuurlike klanke heeltemal uit. 

Nou hunker my hart na die verte van die bosveld, weg van mense, weg van die verkeer en weg van die beskawing. 

Maar dalk is ek net vandag in 'n slegte bui, dalk is ek net ondankbaar vir al die seëninge wat ek wel het, dalk is dit net Sondagmiddag hunkeringe - miskien voel ek môre beter... 



Om die kampvuur by Thaba Monaté 

::

Bokant alle hange
is rus,
loerie se gesange
vaak gesus, 
net soos die wind
wat loom sy lê in kriebos kry;
wag net, ook jy
sal gou rus vind!
—Verafrikanisering deur Dugeot van die Duitse digter Goethe se "Über allen Gipfeln" 


Sonsondergang oor die Waterberge - Foto geneem deur Rudi Janse van Vuuren© 

:: 

Thursday, 10 October 2013

Au, sorry oumies!


Vanoggend sit ek voor my lessenaar besig om 'n paar verjaarsdagkaartjies te ontwerp en ek dink, "Maree, jy word oud!" Dit na aanleiding van die feit dat ek myself verlede week half disnis in die tuin geval het en amper my stuitjie gebreek het.

Oud word is nie 'n gedagte wat ek OOIT koester nie. Dis nie iets waaroor ek ooit dink nie. Seker omdat ek op sewe-en-sestig min skete het en omtrent nooit siek word nie, kannie onthou wanneer laas ek 'n verkoue gehad het nie. En ek voel nog dieselfde as wat ek op dertig of veertig of vyftig gevoel het.

Behalwe vir die feit dat ek nie meer so rats is as wat ek eens op 'n tyd was nie. Kannie meer die boom klim om die uil-nesbokse op te sit nie, kannie meer so fluks 'n hoender jaag en vang nie en kan ook nie meer oor die lae muurtjie agter die huis spring as ek 'n kuiken in nood hoor nie.

Die stuitjie-storie het gebeur omdat ek tussen 'n klomp blomme in die tuin gestaan het waar ek en Chrissie besig was om 'n paar plantjies te plant. Toe ek versigtig, sodat ek die blommetjies nie vertrap nie, agteruit tree om uit die blomme te kom, toe hak my voet agter 'n klip vas en slaat ek soos 'n os neer, bo-op 'n hoop klippe, reg op my stuitjie.

Die vernedering was erger as die pyn! En die uitdrukking van verskrikking op Chrissie, my tuinhulp, se gesig het my vinnig laat opspring om haar te paai en te verseker dat ek OK is. Sy konnie genoeg "Au, sorry oumies, sorry oumies" sê nie en ek moes haar omtrent 'n glas water gee vir die skok. Weet nie wie het groter geskrik nie, ek of sy!

Ek het die huis binne gestrompel en onmiddellik my Arnica-olie gesoek en aangesmeer maar ek het geweet die groot pyn gaan daardie aand kom. En dit het. Kon nie sit nie, kon nie op my rug lê nie, kon skaars beweeg. Maar na 'n lekker warm bad het ek uiteindelik aan die slaap geraak en gehoop dat dit die volgende dag beter sal wees.

Dit het 'n paar dae geneem en ek is nou amper volkome herstel, maar met 'n nuwe besef van hoe verganklik die lewe is. Mens hoor so baie van "ou" mense wat val en 'n heup of iets breek. Ek kan nog steeds nie glo dat ek so gelukkig was as om amper skotvry daarvan af te kom sonder enige nagevolge nie.

En een ding is seker, iets wat jy NIE van my gaan hoor is dat ek uit 'n boom geval het nie!

. 
 

Sunday, 6 October 2013

Dis 'n stil, warm Sondagmiddag in die hotel op Klawer

Ink skets en waterverf op DalerRowney 200gsm sketspapier - Maree© 

Dis stil. Die vlaktes wens vir 'n bietjie wind. Miskien selfs eendag 'n flentertjie reën. Maar dis veertig grade en die son regeer soos 'n genadelose diktator. Daar is nie 'n siel op straat nie. Hier weet die siele al om weg te bly as dit veertig grade is. Hier weet siele instinktief om versigtig te wees vir warm plekke. Dis 'n goeie ding om te weet. Ja, die siele kruip weg. Daarom dat die son vandag alleen op straat is. Niemand saam met hom nie. Want hy kan wreed wees, veral as jy net jou eie skaduwee het om in te skuil. Die ander skaduwees het al geleer, bly uit die strate uit. Hier kom jy eers ná donker uit. Kom doen jou ding in die maanskyn. Of miskien in die reën. Daar kom dalk eendag weer 'n bietjie reën.

Dis stil. en dis warm. Die hotel wens heimlik vir 'n rol in 'n Wilde Weste-fliek. Hy oefen al jare. In die son. In die dorre son. En met die stories wat hy aand na aand in sy kroeg hoor en sien, weet hy hy is gereed. Hy ken die lewe. Hy ken al die hartseer stories. Die manne kom. En hier kom praat hulle. Die wat nie stil is nie. Want hulle kom sit eenkant. En hulle vertel hul stories sonder om te praat. Dis hoe dit hier is.

(Uittreksel uit "Laaste sê" deur Koos van der Merwe in die Junie 2012 uitgawe van Sarie tydskrif, Suid Afrika)

.

Saturday, 5 October 2013

Skoonheid lê in eenvoud


Skoonheid lê in eenvoud
dit hét ons al gehoor:
maar met gewone woorde
het jy my siel bekoor
- Uittreksel uit 'Prost' - Elizabeth Kendall

Een van my waterverf Varkore met 'n gedig van Elizabeth

::


Green Tip #4 - Entrance feature

 (Image scsnned from a magazine)

Garden tools displayed at the back door make a nice arrangement as well as being on hand and quickly accessible.

There is nothing worse for me than, when I'm wandering through the garden and I see a branch or two that just needs a quick pruning, to have to go all the way to the garden shed, find the key, unlock the door, and fetch the pruning shears.

Why not just keep it all close and handy and at the same time make a beautiful feature at the back door? An old vintage coat rack with pegs makes an ideal place to keep you most used tools within easy reach, - even a piece of wood with nails hammered in will do the job.

Enjoy your ease and comfort and add a pretty feature to your entrance at the same time! 

::