Wednesday, 31 December 2014

Happy New Year for 2015!

summer’s colours

bending light

finding beauty

taking flight

in a sunset


As the sun sets on another amazing year, I can't help but look back over the year and reflect on where I have journeyed. Sometimes in life we make mistakes. We say things we wish we hadn't and do things we don't feel proud of. Every day is a new opportunity to grow and move forward. Just as the sun sets on another year, I realise that there is only now; nothing else matters. We can't change the past or live in the future.

On this, the eve of a sparkling new year, I hope 2015 brings you everything your heart truly desires and much, much more. Shine brightly! 


.

Wishing you lots of laughter and coffee for 2015!


"For I will exult in the gift of coffee, it wakens each human sense with joy. Its aroma is deep, with palpable comfort, its percolation speaks promise. It warms the hands of even those unloved. Without the state of heightened awareness it provides, I might forget to be thankful of a morning."

Here's wishing you lots of laughter and coffee in 2015 and may your new year be filled with LOVE, JOY and INSPIRATION!

Happy New Year!

.

Happy New Year 2015!


It's been a wonderful year of planting succulents, getting pricked by cacti and seeing my little succulent family growing.

Here's wishing your new year is full of succulent love, joy and inspiration!

Happy New Year!

.

Droom Groot in die Nuwe jaar! 2015



Wanneer ons alleen droom is dit alleenlik ’n droom.
Wanneer ons saam met ander droom, is dit die begin van ’n nuwe realiteit.


Hiermee wens ek almal ’n vreugdevolle 2015 toe, gevul met LIEFDE en INSPIRASIE.

Hierdie was ’n jaar waarin ek oor en oor geleer het hoeveel ek het om voor dankbaar te wees.
Hoe geseënd ek is.

::

Een van die dinge waarvoor ek oneindiglik dankbaar is, is jy.
Ja, jy.
Jou ondersteuning, vriendelikheid en kommentaar dwarsdeur die jaar beteken soveel vir my.

::

Ek waardeer dit opreg. Gelukkige Nuwe Jaar!

.

Tuesday, 30 December 2014

Early-morning showers



What better way to start the day than with an early-morning rain shower?
.
In this early morning
When the dawn hasn't even been breaking
In my bed I'm lying half asleep
Listening to the sound of rain
Sound of droplets touching the street gently
Lulling me to sleep more tightly
- Little Red Apple 

.

Sunday, 28 December 2014

Echeveria imbricata. Flower


Camera : Canon EOS 550D
Taken in my garden (Tarlton, Gauteng, South Africa)

Echeveria imbricata is a species of flowering succulent in the Crassulaceae family, native to semi-desert habitats in Mexico. Also known as the Mexican Snowball, this frost-tender succulent rewards with lots of beautiful flowers when it gets enough sun and water.

With striking colour and texture, this fast growing Succulent is a great choice for ground-cover or a rock garden. Tight blue-grey rosettes freely produce offsets to form dense mounds. Bright pink blooms on tall stems are adored by hummingbirds and, in South Africa (we don’t have hummingbirds) Sunbirds and insects. Attractive in containers or as a house plant.

.

Friday, 26 December 2014

The Dreamer

 
In time perhaps this feeling will fade
It wouldn’t be the first time or the last -
But somehow I think we could make this work
We just have to try not to move too fast.

Dreams can come true
If you let them, if you want them to -
The dreamer is you
But somehow you’ve become a part of me.

Let’s forget the pain that we’ve both known
Let’s try to make ourselves a new tomorrow.
I’m tired of fearing things I’ve never seen
I’m tired of feeling pity, hate, and sorrow.


Show me the way to your heart and make it clear
I want to be a part of your life -
Someday I know we’ll have a love to share
Whether it be as sister, friend, or wife.

:: 

Wednesday, 10 December 2014

Ek wens jou 'n rooi-tekkie dag!


Ek het 'n regte probleem om tekkies te vind waarvan ek hou met die gevolg dat, wanneer ek wel iets vind, ek sommer ses pare koop in al die kleure! Die probleem is gewoonlik dat óf die sole is te dik wat jou laat voel jy loop op "wedges", óf die tone krul op, óf hulle het liggies wat flits as jy loop óf hulle kom te hoog, tot amper by die enkel, óf hulle is in die helderste kleure van pers en lemmetjiegroen! Ek hou van plein, eenvoudige tekkies, verkieslik wit en nie met "stars and stripes" langs die kante nie.

Die paar wat ek hier bo geskets het is een van my gunsteling pare - eenvoudig, seildoek met veters. Ek het hulle in wit, rooi, donkerblou en swart. En ja, hulle is so skoon soos in die skets, ek haat vuil tekkies!

Variasies van rooi

 • Skarlaken - 'n rooi wat na rooi-oranje neig, en geen blou bevat nie.
 • Vermiljoen - 'n vurige rooi wat na effe meer na rooi-oranje neig as skarlaken, en wat van sinnaber, die kunsmatige rooi kwiksulfide was as pigment gebruik word, voorberei word.
 • Karmosyn - 'n rooi wat geen geel bevat nie, en na rooi-violet neig.
• Venesiaanse Rooi (ook bekend as Indiese Rooi en Indiaanse Rooi) - 'n bruinerige rooi wat van ystersulfied voorberei word.
 • Brandweerwarooi - 'n helderrooi wat gereeld op noodvoertuie gebruik word.

Rooi is darem maar mooi! Dis 'n kleur vol passie, wat liefde aandui en en wanneer jy rooi dra, sprankel jy sommer!










 (foto vanaf 'Beeld')


(Meeste foto's vanaf WikiCommons)

::

Strandlopertjie


Strandlopertjie
- Robert Peterson
 .

..
Sy was maar 'n skamele 6 jaar oud toe ek haar vir die eerste keer ontmoet het. Ek ry gewoonlik die 4 kilometer af strand toe elke keer as ek voel dat die wêreld vir my te klein begin word. Sy was besig om 'n sandkasteel of iets te bou, en toe sy opkyk, kyk ek in die pragtigste blou ogies, so blou soos die see self.
.
"Hallo", sê sy.

Ek antwoord met 'n knik van die kop, nou nie juis in 'n bui om te bodder met 'n klein dogtertjie nie.
.
"Ek bou", sê sy.
.
"Ja, so sien ek. Wat bou jy?" Ek gee nou nie juis om wat sy bou nie ...
.
"Aag ek weet nie, ek voel maar net lus om in die sand te speel."
.
Die idee trek my nogal aan, en ek trek my skoene uit. 'n Strandlopertjie sweef verby.
.
"Dis 'n vreugde", sê sy.
.
"Dis 'n wat?"
.
"'n Vreugde. Mamma sê dat 'n strandlopertjie vir 'n mens vreugde bring."
.
Die strandlopertjie verdwyn oor die duin. "Koebaai vreugde", mompel ek vir myself, "Hallo pyn!" Ek draai om, om te loop. Depressie het aan my geknaag - my lewe was 'n gemors.
.
"Wat is jou naam?" Hierdie dogtertjie gaan nie maklik tou opgooi nie.
.
"Robert", sê ek, "Robert Peterson."
.
"Ek's Wendy ... ek is ses."
.
"Hallo Wendy"
.
Sy giggel. "Jy's snaaks", sê sy.
.
Ek lag, ten spyte van die donker wolk wat oor my gemoed hang, en ek stap aan. Haar klokhelder giggel-laggie volg my.
.
"Kom weer meneer P", skree sy, "kom, sodat ons nog 'n gelukkige dag kan hê!"
.
Na 'n paar dae van onbeheerbare Boy Scouts, frustrerende vergaderings en 'n ou kranklike moeder, het die son een oggend so vrolik geskyn dat ek die skottelgoedwater van my hande afgeskud het , en toe sê ek vir myself: "Robert, jy het 'n strandlopertjie nodig." Die heerlike sout see lug wag vir my, en ek gryp my jas. Die windjie is ysig, maar ek stap aan en probeer die rustigheid van die strand indrink, daardie rustigheid wat ek so bitter nodig het.
.
"Hallo meneer P," roep sy my, "wil jy kom speel?"
.
"Wat het jy in gedagte?" Ek voel half vies vir hierdie inbreuk op my gedagtes.
.
"Aag, ek weet nie ... wat dink jy?"
.
"Wat van kennetjie?" vra ek half sarkasties.
.
Haar klokhelder laggie weerklink oor die strand. "Ek ken nie daai speletjie nie."
.
"Nou maar dan loop ons maar sommer."
.
Ek kyk af na die lewendige klein figuurtjie, en ek kan nie help om die delikate bleek gesiggie raak te sien nie. "Waar bly jy?"
. .
"Daar anderkant", sê sy, en sy beduie in die rigting van 'n paar somerhuisies.
...
Dis baie snaaks, dink ek. Om in die winter in somerhuisies te kom bly ...
...
"En waar gaan jy skool?"
...
"Ek gaan nie skool toe nie - Mamma sê ons is met vakansie."
...
Sy babbel aanmekaar terwyl ons met die strand afstap, maar my gedagtes is baie vêr weg. As ek later huis toe ry, sê Wendy vir my dat dit 'n baie lekker dag was. Ek glimlag vir haar ~ snaaks genoeg voel ek ook sommer baie beter.
...
Drie weke later jaag ek af na my strand toe. Dinge het nou net te veel vir my geraak, en ek is nie in 'n bui om eers vir Wendy te groet nie. Ek sien iemand op die somerhuisie se stoep sit - seker Wendy se ma - en ek voel asof ek vir haar wil skree: "Hou jou dogtertjie asseblief vandag tuis!"
...
Ek stap gejaag, maar Wendy haal my in. "Asseblief, nie vandag nie!", snou ek haar toe, "Ek wil vandag alleen wees!" Sy lyk vandag onnatuurlik bleek en uitasem.
...
"Hoekom?" vra sy.
...
Ek gaan staan, draai om na haar toe en skree: "Want my ma is dood!" En skielik wonder ek waarom ek dit vir hierdie kind vertel.
...
"O", sê sy saggies, "dan is dit 'n slegte dag."
...
"Ja", sê ek, "én gister, én eergister, en ... aag gaan tog net weg!"
...
"Was dit seer?" sy kan net nie ophou nie.
...
"Was wát seer?" ek is moedeloos, met die dogtertjie en met myself.
...
"Toe sy dood is?"
...
"Natuurlik was dit seer!" kap ek terug, sonder om die bedoeling agter haar vraag te verstaan. Ek draai om en stap haastig weg, versonke in my eie seer gedagtes.
...
'n Maand of wat later, toe ek weer op die strand kom, was sy nie daar nie Ek voel skuldig en skaam oor my gedrag, en ... ek het haar nogal gemis. Ek stap na die strandhuisie toe en klop aan die deur. 'n Vrou maak oop …
...
"Ek is Robert Peterson", sê ek, "ek mis jou dogtertjie só vandag, en ek het net gewonder waar sy is."
...
"O ja, meneer Peterson, kom in asseblief. Wendy het so baie van jou gepraat. Ek is só jammer dat ek toegelaat het dat sy jou pla. As sy 'n oorlas was - dan vra ek om verskoning."
...
"Ag nee wat, sy is so 'n borrelende klein dogtertjie." En skielik besef ek dat ek werklik bedoel wat ek sê.
...
"Wendy is verlede week dood, meneer Peterson. Sy het bloedkanker gehad - het sy jou nie gesê nie?"
...
Skielik draai die wêreld om my, en ek gryp haastig vir 'n stoel. Ek is sprakeloos.
...
"Sy was so lief vir hierdie strand, en toe sy vra dat ons hierheen kom, toe kon ek nie nee sê nie. Sy het soveel beter hier gelyk, en hier het sy baie gelukkige dae gehad. Maar die laaste paar weke het sy baie vinnig agteruit gegaan." Haar stem bewe. "Sy het iets vir jou gelos ... as ek dit net kan opspoor. Sal jy omgee om 'n bietjie te wag - ek soek dit net gou?"
...
Ek knik my kop - ek soek vir woorde - maar hulle ontbreek. Wat sê ek vir hierdie pragtige jong vrou?
...
Sy gee vir my 'n vuil koevert met "MR. P" op geskryf in groot kinderletters. Binne is 'n tekening in helder kleure - 'n geel strand; 'n blou see en 'n bruin voël, en onderaan die woorde: "'n Strandlopertjie om geluk te bring."
...
Ek kan die trane nie keer nie, en hierdie klip-hart van my wat lankal vergeet het wat dit is om lief te hê, kraak en breek. Ek neem Wendy se ma in my arms: "Ek is so jammer, so bitter, bitter jammer", is al wat ek kan uitkry, oor en oor, en saam huil ons.
...
Daardie kosbare prentjie is geraam, en hang in my studeerkamer. Ses woorde - een vir elke jaar van haar kort lewetjie - sê vir my van harmonie, dapperheid en 'n onvoorwaardelike liefde.
 ...
'n Geskenk van 'n dogtertjie met see-blou oë en hare die kleur van die seesand - sy het my geleer van die geskenk van ware liefde.
...
Hierdie ware verhaal is opgeteken deur Robert Peterson. Dit het meer as 20 jaar gelede afgespeel, en hierdie insident het sy lewe onherroeplik verander. Ons kan hier uit leer dat ons tyd moet maak om die lewe te geniet, en tyd moet maak vir mekaar.
...
Die lewe is so gekompliseerd - die gejaag en elke dag se probleme en traumas kan maak dat jy fokus verloor en van die dinge wat rêrig saak maak vergeet.
...
Gaan gee vir die mense in jou lewe waar voor jy lief is vandag 'n ekstra drukkie, net om te sê dat jy omgee en vir hulle lief is. En gaan stap 'n draai in die tuin, en ruik aan die blomme. Drink die skeppingswonder van God in, en gee aan Hom die eer.
...
Wendy het nie maar toevallig op Robert se pad gekom nie - daar is nie so 'n ding soos toeval nie. Sy was daar met 'n doel. So bring die Here dinge op ons pad met 'n doel - soms is dit nie lekker nie, soms raak dit daar diep binne in jou bors, waar 'n waslap nie kan was nie, aan jou hart. Maar sien die hand van God daarin, en dank Hom daarvoor.
...
Ek bid vir jou 'n Strandlopertjie-dag toe.
...
Dit is wanneer ons onsself vergeet dat ons dinge doen waarvoor ons onthou word.

...

Tuesday, 2 December 2014

Green Tip #8 - Protect your hands


Look at anyone’s hands and you can usually gauge their true age. So why is it that while you can have some success in holding back the years on your face when it comes to hands it is a much harder task?
‘The skin ages faster on the hands because they are exposed daily to chemicals, smoke and, most importantly, UV radiation,’ explains Nina Goad from the British Association of Dermatologists (BAD).

For women, the changes are exacerbated by the fact that levels of oestrogen, the hormone that stimulates collagen production, so helping to keep skin on hands plump and fleshy, start to drop around the time of the menopause.


Develop a good routine and give your hands a helping hand. Good moisturisers can help prevent or treat dry skin on your hands. They hold that needed water in the outer layer of skin, making your hands smoother and softer. They also help your outer skin act as a temporary protective shield.


Always wear garden gloves to protect your nails and hands. I know nothing quite beats the feel of freshly turned earth between your fingers, but wearing gloves out in the garden really makes a lot of sense. Not only can they protect your lovingly-tended nails, but can also prevent unsightly scratches, sore blisters and, as an added bonus, protect your hands from the rays of the sun.

 
 .

The foal that never grew



I stand before the early dawn
Alone with my thoughts before the morn’
Remembering the night when all was dark
Not even the sound of a lonely dogs bark
When three of us in a stable small
Tried in vain to assist, the night before
A brave little mother who gave her all
To give life to her first born.
.
I remember the pleasure that turned to pain
Reflected in the eyes of your loving master
As he tried again and again
Working faster and faster coaxing your heart
Hoping and praying that you won’t depart
He took one last deep breath, blew into your nose
Only to discover your beautiful eyes were closed.
.
If horses become angels
And I’m sure they do
You’ll know that you are one of the few
To be touched by loving hands
Who had great plans for you
Race on little foal, across your golden sands
And as your free spirit soars high into the sky
Your master bids you farewell, and a last goodbye.
Sue Eggersglusz

Tuesday, 25 November 2014

Green tip #7 - Glowing skin

Tip for glowing and healthy skin :



Almond can do wonders to your skin, hair and general health.
.
This nut is antioxidant rich, high in vitamin E, fat and protein content along with containing many essential nutrients. The daily usage of this wonderful home ingredient can treat many ailments and treats various beauty and hair issues.
Applying almond oil to skin helps in removing itching and moisturises your face. It is an excellent emollient (softening and soothing to the skin) and also helps the skin to balance water loss and absorption of moisture and is suitable for all skin types. If you are looking for a natural solution to get rid of dark under eye circles, almond oil is most suitable. Simply apply the oil before going to bed and allow it to work while you sleep. For optimum results do so regularly for a couple of weeks at least. The treatment will help you get rid of dark circles as well as reduce dark eyelids and crow’s feet.
.
Almond oil can be applied neat to the skin, as it acts as a carrier medium when using essential oils. It is an excellent oil to use for both body and facial massage and helps to increase the health and vitality of the skin.
.
Almond oil is rich in vitamin A, B and E, which are great for skin health. In fact, most skin care products have these vitamins loaded in them. The oil helps maintaining moisture levels of the skin and gets absorbed in a jiffy without blocking the pores. 



Almonds are one of my favourite nuts. Almonds are packed with vitamins, minerals, protein and fibre, and are associated with a number of health benefits. Just a handful of almonds, approximately one ounce, contains one-eighth of our necessary daily protein. The health benefits of almonds have been documented for centuries and modern research is backing up many of the claims - there any many goods reasons why you might want to consider including them in your diet.

.

.

Begin 'n Dankbaarheids-Joernaal

.
Joernaal-aantekeninge is maar net die daaglikse skrywe van jou gedagtes en idees op papier. Dit kan 'n grootse ondervinding wees. Hierdie proses kan jou ondersteun in die soektog na byvoorbeeld waaroor jy angstig voel, of waarvoor jy 'n passie het en waaroor jy droom.
.
Koop vir jouself 'n pragtige notaboek en gebruik 'n pen waarvan jy hou om mee te skryf. Ek gebruik 'n ''Moleskine'' notaboek (wat by enige goeie boekwinkel beskikbaar is in verskeie formate). Vind 20 stil minute of so in jou dag en ek stel voor jy maak dit 'n roetine - ek doen myne net voor bedtyd of vroeg in die oggend - maar enige tyd wat jou sal pas is gaaf.
. .
'n Paar van my gunsteling vulpenne :
.

Parker Sonnet Deep Black Laquer Gold Trim Medium Nib
.

Parker Sonnet Stainless Steel GoldTrim Medium Point
.
Waterman Himisphere Starlight
.
   Antiek Waterman-pen met grys en goud Laquer body, dik nib
.
Skryf asof jy met jouself praat - skryf oor al jou gevoelens, wat jou pla of waaroor jy opgewonde voel, die dag wat voorlê of belangrike gebeure van die verlede en wat jy graag wil onthou. Ek sit alles in soos datums, plekke, die tyd, ens. Dit hoef nie meesterstukke te wees nie - hierdie is JOU joernaal en vir jou oë alleenlik. Ek plak ook sommer goeters of teken prentjies.
.
Ondersoek het duidelik bewys dat, om 'n Joernaal te gebruik, stres verminder en die immuunstelsel versterk, sowel as die volgende voordele:
.
- dit laat jou beter voel oor die lewe
- dit maak jou meer optimisties oor die toekoms
- dit spoor jou aan om andere te help met hulle probleme
- dit verbeter jou gesondheid
- dit  gee rigting en helderheid

Daar is baie dinge waaroor jy 'n joernaal kan hou - my gunsteling is my DANKBAARHEIDS-JOERNAAL. Elke oggend, sodra ek gebad, aangetrek en tande geborsel het, skryf ek my 'gratitudes' neer. Aan die begin gaan dit maar stadig, maar net deur met een klein dingetjie, soos "ek is dankbaar vir die sonskyn" te begin, begin jou lys van dankbaarhede te groei en binnekort het jy sommer 10 op een slag.
.
In dieselfde boekie, aan die agterkant, doen ek my AFFIRMASIES vir die dag, soos byvoorbeeld "Ek is gesond en gelukkig. Daar is geen siekte wat ek nie kan oorwin nie" of "Ek spreek van vreugde vir die lewe! Ek laat myself toe om elke oomblik van elke dag totaal te geniet!" My gunsteling een is "Dankie vir die dag wat voorlê..."
.
My Daaglikse Joernaal vir alles en nog wat - hierin doen ek ook sketse saam met my inskrywings....
.
Hier is 'n paar idees vir 'n Joernaal - ek is seker jy kan nog met vele meer vorendag kom :
.
- Tuin-joernaal
- 'n Natuur-joernaal
- Gebeds-joernaal
- Belangrike gebeurtenisse- en datums-joernaal
- Droom-joernaal (al die dinge wat jy nog die graagste wil vermag)
- Dinge-om-te-doen-joernaal
- Welbekende aanhalings- en inspirasie-joernaal
- 'n Joernaal met jou eie gesegdes, inspirasies en sketse (wie weet, eendag kan jy dit dalk verwerk in 'n eBoek!)
- 'n Joernaal oor jou kinders - kort liefdesbriefies aan hulle
- Joernaal oor jou alledaagse gedagtes - dinge wat jou pla, oorwinnings
.
Ek het 'n paar joernale op my rekenaar ook, maar daar is niks soos om met die hand te skryf nie!
.
'n Paar van my Moleskine notaboekies :
.
 .
Daar is so baie dinge in hierdie lewe om voor dankbaar te wees dat 'n mens honderde joernale kan volmaak en nog steeds nie alles genoem het nie. Leef met 'n dankbare hart -
leef met ʼn fokus op wat jy het eerder as dit wat jy nie het nie. Dan waardeer ʼn mens klein dingetjies in die lewe. Dan is jy ʼn tevrede mens wat oorloop van dankbaarheid. Daardie dankbaarheid in jou hart spoel oor na ander mense en verryk alles en almal om jou.

::