Saturday, 3 January 2015

Die Afrikaner se dilemma


Orania - waar Afrikaners lééf! Lees die volle artikel hier.

"Orania is 'n pragtige Karoodorp wat uitstrek langs die lowergroen oewer van die Oranjerivier. Sedert die ou verlate en vervalle Waterwese-dorpie in 1991 deur 'n paar Afrikaner pioniers aangekoop is, het Orania gegroei tot 'n volwaardige gemeenskap wat vandag die tuiste is van sowat 1 000 permanente inwoners en byna 10 000 uitwoners - d.i. mense wat nog nie hervestig het nie, maar wel deel is van die gemeenskap a.g.v. hul betrokkenheid by Orania.

Orania is baie ernstig oor natuurbewaring en gee om vir sy skoon omgewing. Alle huishoudings op Orania skei hul vullis in 5 aparte asblikke, nl. nie-herwinbaar, papier, plastiek, glas en metaal. Herwinning begin dus reeds by die oorsprong en almal lewer 'n bydrae om besoedeling te bekamp.

Sonkrag geysers is verpligtend vir alle nuwe huise wat gebou word terwyl elektriese geysers stelselmatig uitfaseer word. Vindingryke "groen-argitektuur" word gekenmerk deur die gebruik van klip, hout en strooibale as boumateriaal vir sommige van die nuwe huise op Orania. Hierdie eko-vriendelike bou praktyk hou vele praktiese sowel as estetiese voordele in.
Meer as 30 000 bome is al geplant in Orania terwyl die pragtige Oranjerivier en die uitgestrekte landerye om die dorp ook bydra tot die Afrikanertuiste se voorkoms as 'n oase in die Karoo.

Orania word gekenmerk deur sy skoon omgewing en die gasvryheid van sy mense, maar wat die dorp uniek maak is die feit dat alle arbeid deur Afrikaners verrig word - van die bankbestuurder tot die bouer, alle werk op Orania word deur Afrikaners gedoen. Sodra 'n minderheidsgroep op sy eie arbeid kan staatmaak is hy nie afhanklik van meerderheid bevolkingsgroepe vir die dag tot dag funksionering van sy samelewing nie. So 'n gemeenskap word deur sy eie mense bestuur en is nie uitgelewer aan vreemde regeerders en al die probleme wat veroorsaak word deur 'n regime wat nie dié minderheid se belange op die hart dra nie."

Dit alles klink idillies en wonderlik, maar daar is heelwat redes hoekom hierdie ideale nie kan of sal werk nie. Eerstens is daar die getalsyfer vir Afrikaners - Volgens die 2011 sensus van Suid-Afrika, was daar ’n totaal van 6 855 082 mense wat Afrikaans as ’n eerste taal praat, dit uit 'n bevolking van 52 miljoen mense, waarvan 4 586 838 wit is, 4 615 401 kleurlinge is, 41 000 938 swart is en 1 286 930 Indiërs is. Hierdie syfers (en wat maak jou 'n 'Afrikaner', die feit dat jy wit is of die feit dat jy Afrikaans praat? Is Afrikaans-sprekende swartes, kleurlinge en Indiërs ook Afrikaners?), kan onmoontlik nie "nuwe dorpe in die Oranjeriviervallei-Weskus streek oprig en ekonomiese werklikhede binne hierdie gebied skep sodat Afrikaners in groot getalle daar kan hervestig" nie.

Orania is in 1991 gestig en het nou na oor die twintig jaar nog steeds net 1000 inwoners (en Wikipedia verwys na 450 000 'Afrikaners' in Suid-Afrika). Met 'n duisend inwoners per dorp  sal niemand ordentlik besigheid doen of 'n meningvolle bestaan kan maak nie. Daar sal ook nie genoeg mense of geld wees om Universiteite, skole en hospitale te regverdig nie - waar gaan die geld vandaan kom om dit te bewerkstellig?

Die Orania beweging beweer ook, "Orania se sukses en groei sal direk afhang van sy vermoë om sy ondersteuningsbasis uit te brei. ’n Mens kan jou die staat Israel vandag nie voorstel of sy ontstaan bedink sonder die rol wat tallose instellings gespeel het nie." Ek is nie heeltemal op datum met die geskiedenis van Israel se ontstaan of hulle stryd om dit te bewerkstellig nie, maar ek sou sê dat Amerika 'n groot rol daarin gespeel het. Iets waarop Afrikaners nie kan staat maak nie. Die Afrikaners, selfs ons land, het nie veel om Amerika te offer om dit vir hulle die moeite werd te maak om in te gryp nie. Inteendeel, hoe laer ons land sink, hoe goedkoper word kommoditeite soos goud, silwer en platinum en talle van ons ander natuurlike bronne, wat Amerika heelwat aanstaan. Die enigste manier om ons land as 'n geheel te red, is vir almal om saam te staan, een magtige nasie te vorm en nie verdeeld te wees nie. Die ou wapen van Suid-Afrika het gesê : Ex Unitate Vires - Eendrag Maak Mag - ek dink dit is vandag nog relevant.

Die 'Lief Orania' stelling, "Die Orania Beweging is ’n Afrikaanse kultuurpolitieke beweging wat hom beywer vir die herstel van die Afrikaner se vryheid in ’n eie, demokratiese Republiek wat ingerig word op grond van Christelike waardes." Die feit dat "Afrikaners" hulself verwyder van ander rassegroepe en anders-taliges klink vir my baie on-Christelik. Baie Christene sal eksepsie neem oor hierdie stelling. Maak nie saak hoe jy die bybel vertolk nie, wees lief vir jou medemens bly nog een van die belangrikste tien gebooie.

Om in konstante vrees te leef maak geen sin nie. Dit verlam jou. Dit maak dat jy nie reguit kan dink nie, nie rasionele besluite kan neem nie. Jy is 'n skepper, skep met jou gedagtes  - LEEF jou Afrikaner-kultuur waar okal jy mag wees en dit sal nie uitsterf nie.

Ek stem saam met, "Elke generasie is verantwoordelik vir sy eie tyd. Laat ons as (vry) Afrikaners die toekoms positief en doelgerig ingaan terwyl ons SAAM bou" aan die toekoms van ons land! Ons almal SAAM, nie net party van ons nie.

EX UNITATE VIRES (1995)



My Afrikaner Nation, my mother-tongue -
Why in shame our heads now hung?
We still have our pride
but no place of safety to reside.
My people, my country, my Language ....
"Eendrag maak mag" we pray with anguish.

Apartheid started here?

The Zulu tribe bewitched, deceived
Their white brother murdered - they could not leave.
At Blood River valley no bullets went astray
The battle was won that very Sunday.
A message so clear: "Eendrag maak mag" "don't forget My day".

How did we honour that message my nation.
In Apartheid we lived in jubilation.
Our children were strong and bright,
The best in the country so pure and white.
We ploughed, we sowed and reaped
With "Eendrag maak mag" our pride ran deep.

The Lord looked down how His nation divide.
Beneath white unity, the truth they did hide.
The Afrikaners prospered with pride,
While black and white separately reside.
We saw not the suffering, suppression and pain,
With "Eendrag maak mag" our whiteness reigned.

High our Babel Tower stood,
To keep church and children white and good
We fought the British the Boers they could not break.
We fought at the borders for safety sake
We sang our Anthem with pride in our chest.
"Eendrag maak mag", we were the best.


Slowly the walls of our tower began to crumble
Within our Taal there was an English mumble
We are white too - our English brethren revealed,
With that the fate of Afrikanerdom was sealed.
We praat our Taal, we sang our Anthem and fought our fate
But  "Eendrag maak mag" also was to "Unity is Strength" translate.

Sanctions could not destroy our nation.
We still clung to our slogan in anticipation.
Too little too late we tried to gain order.
We removed the "Whites only" and also the border.
Mandella and De Klerk sounded the hour
while the truth commission stripped our power.

"Back to the sea the Boer" said our Xhosa brother,
Now the leading nation at the rudder.
Where our pride?, What happened to our Taal?, what to do?
Where can we fly our "Oranaja, Blanja, Blue"?

A new rainbow nation has now begun
Simonye! WE ARE ONE!


.